President

Voorwoord deur Yusuf Moerat (President)

Dit is vir my n besondere eer as President, om n voorwoord te kan doen op Vineyards se nuwe webtuiste. Eerstens wil ek saluleer diegene wat die moed, visie en oortuiging gehad het om onder mooilike omstandighede die klub te kon stig.

Die afgelope 67 jaar het onmiskenbaar bewys dat die genoemde persone, en hier moet ek veral die stigters by name, Esa Abrahams en Moutie Moerat, in hul oortuigings geslaag het om die volgende redes:

 

1. Op die rugbyveld was Vineyards as een van die heel grootste spanne in die Federasie sowel as SARU gereken.

2. Min spanne kon spog met soveel Rhodes, Federasie sowel as SARU spelers.

3. Ook in die Moslem-gemeenskap het Vineyards n groot rol tot eenheid gespeel.

Onder persone wat n groot rol gespeel het met die uitbouding van die klub was onder andere Ebrahiem Patel, Jakoef Abrahams, Sulaimaan Anter, Sedick Jeppie en later Abdullah, Ikraam en Adnaan Moerat sowel as Ganief Dalwie.

Hoogtepunte sal seker altyd wees:

1. Die 1944 span wat 3 bekers in hul eerste jaar veroewer het.

2. Die silwer Trofee span wat tydens 1969-1971 skoonskip in Federasie rugby gemaak het.

3. Die superliga span van 1983-1991 wat al die bekers in die Paarl unie veroewer het nl. die liga, Spesiale liga, 10-jaar fees trofee en natuurlik die heel grootte – Superliga Kampioene van Boland.

4. Die 2010-2011 Vineyards jong span wat die Paarl Streek liga en Uitklop bekers gewen het, sowel as die Sewe n kant en tien n kant bekers.

Aan al die adminstrateurs, spelers en toeskouers wil ek net se: Onthou elkeen van julle het gehelp bou aan die fondasie van die klub en deur hierdie berig wil ek hulde bring aan elkeen van julle.

Ek wens die klub n voorspoedige toekoms toe en hoop dat die klub met sy 100ste betsaan nog altyd een van die sterkstes sal wees!

(Thaamir Moerat en Aslam Abrahams bring hulde aan Boeta Yusuf Moerat in 2010)